Nadat die inskrywingsvorm voltooi en ingedien is moet deelnemers ‘n verlowingsfoto na marketing@laborieestate.co.za stuur.
Deelnemers moet Laborie Estate op Instagram volg.
Inskrywings is oop vanaf 1 Desember 2022 en sluit 31 Desember 2022.
Enige inskrywing wat na 31 Desember 2022 ingedien word sal nie deel vorm van die kompetisie nie.
Die kompetisie is nie oop vir werknemers, die direkteure en hul onmiddellike families of die borge of die adverteerders verbonde aan Laborie Estate of KWV nie.
Die wenner sal 3 Januarie 2023 aangekondig word.
Bepalings en voorwaardes
Die bruid wat wen se troue moet voor April 2023 plaasvind.
Die prys sluit slegs die trou-venue in.
Alle addisionele kostes sal vir die leser en/of die kliënt se eie rekening wees.
Ons het die reg om enige inskrywing te verwyder en af te haal indien dit nie voldoen aan die vereistes nie.
Die prys kan nie verruil word vir kontant en/of enige ander produkte of dienste nie.
Die prys is onderhewig aan beskikbaarheid.
Laborie Estate kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, insluitende, maar nie beperk tot beserings, diefstal, inbetalings of enige ander insidente wat plaasvind terwyl jy gebruik maak van die prys wat jy gewen het nie.
Foto’s in die artikel is slegs vir voorbeeld doeleindes. Die prys wat jy mag wen sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
Enige poging om enige van die bepalings en voorwaardes te skend, sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie. Dit sal lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
Laborie Estate het die reg om enige bepalings en voorwaardes aan te pas.